Moedig digitale nuuskierigheid aan

Richard Culatta

Een van die beste maniere om tegnologie saam met tieners te gebruik, is as ’n nutsding om hul nuuskierigheid aan te moedig. Jongmense kan begin om die digitale wêreld as ’n uiters kragtige onderrigbiblioteek te herken waar hulle antwoorde op verskeie vrae kan soek as ouers en onderwysers net ’n geringe voorbeeld stel. Een van die belangrikste vaardighede om in ’n digitale wêreld te gedy, is om verkenners van onderrig te word. Die ondersteuning van digitale nuuskierigheid kan op bykans enige oomblik en op baie maniere gebeur.


Kinders is van nature nuuskierig. ’n Belangrike deel van hoe die wêreld rondom hulle vir hulle betekenis kry, is deur vrae te vra. Ons as ouers kan hierdie vrae benut om te help om digitale nuuskierigheid aan te moedig. Wanneer ’n kind vra “hoekom lyk dit of die maan vanaand oranje is?” of “watter soort gogga is dit hierdie?”, kan ons hierdie oomblikke gebruik om vir hulle die krag van aanlyn nutsgoed te wys om antwoorde te vind. Met antwoorde soos “Kom ons soek dit op” of “Ek wed jou ons kan die antwoord aanlyn vind”, help ons hulle om die digitale wêreld met hulle nuuskierigheid te verbind soos wat hulle begin om tegnologie as ’n nutsding vir die opbou van kennis te herken. Langs die pad kan ons dalk ook met hulle praat oor die soorte soekterme wat op die doeltreffendste resultate kan uitloop.


Bykomend daarby om tieners oor digitale bronne vir antwoorde toe te lig, moet ons hulle ook help om die soort inligting wat die waardevolste vir hul doeleindes is, te herken. Ons kan aan hulle wys deur ’n voorbeeld te stel hoe om na die bron, datum en doel van ’n digitale hulpbron te kyk om hulle te help om te verstaan dat sekere digitale inligting meer betroubaar is as ander. Webwerwe soos Wikipedia is ’n fantasties beginpunt (en daar is selfs ’n Wikipedia Simple English-weergawe vir jonger lesers), en van hier af kan tieners daarna nog dieper in meer betroubare bronne induik.


’n Deel daarvan om digitale nuuskierigheid aan te moedig, is om te help om gespesialiseerde toepassings en webwerwe - verder as soekenjins - te identifiseer wat ons tieners se belangstellings rig. Op dieselfde manier waarop ons nuwe boeke vir jong lesers aanmoedig. moet ondersteunende volwassenes ook goeie toepassings en webwerwe vir ons tieners aanbeveel om hul digitale palet te help verruim. Toe my seun besonder belanggestel het in die ruimte, het ek voorgestel dat hy ’n toepassing soos Sky Guide probeer om hom te help om meer te wete te kom. Deur die foon na die lug te wys, kan ons dalk ontdek dat die helder lig bo ons huis eintlik die planeet Venus is en dat dit 260.7 miljoen kilometer weg is. Ons kan dalk die omtrek van die aarde op Wikipedia opsoek (ongeveer 40 233.6 kilometer) en dan uitwerk dat 260.7 miljoen kilometer dieselfde afstand is as om ongeveer 6 500 keer rondom die aarde te gaan. Ons kan die Wolfram Alpha-toepassing gebruik om die spoed van lig te kry (ongeveer 300 000 kilometer per sekonde) en uitreken dit sal ongeveer 15 minute vir die lig wat ons sien neem om vanaf Venus te reis voordat dit ons oë bereik.


Laastens, kom ons onthou dat om nuuskierigheid in die digitale wêreld aan te moedig, nie net daaroor gaan om met inligting te verbind nie, maar ook met ander mense. As daar ’n besondere vraag of onderwerp is waarin belanggestel word, kan jy dalk ’n voorbeeld stel deur die vraag op Facebook of in ’n gemeenskapstoepassing te plaas om te sien wat ander mense in ons netwerk daaroor te sê het. Deur self ’n voorbeeld in die gebruik van tegnologie te stel, help om kreatiwiteit aan te moedig en onderrig stel ons kinders op om suksesvol te wees in ’n wêreld waar die vermoë om antwoorde vir inligting te soek een van die belangrikste lewensvaardighede is. Selfs om net per geleentheid ’n voorbeeld te stel met die antwoord van vrae deur die gebruik van digitale nutsgoed, is genoeg om tieners te help om hul digitale toestelle as onderrignutsgoed te sien eerder as net vermaaknutsgoed.

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander