Belangrikheid van aanlyn privaatheid

Dit kan op sosiale media net so belangrik wees oor wie jou plasings kan sien as wat jy plaas. Dit is vir ouers en voogde belangrik om hul tieners te help verstaan hoe om keuses oor hul privaatheidinstellings te maak en beheer oor hul aanlyn ervaring te neem.

’n Tiener se privaatheidsbehoeftes en -verwagtinge kan met die tyd verander, daarom is dit nuttig om gereeld met hulle te gesels en seker te maak dat hul privaatheidinstellings aan hulle eie standaarde voldoen en dat hulle verstaan hulle kan enige tyd hul instellings opdateer.

5 wenke om met jou tiener oor hul aanlyn privaatheid te praat

Dit is nooit maklik om die gesprek oor aanlyn privaatheid te begin nie, maar dit is belangrik dat dit plaasvind. Hier is ’n paar wenke om jou gesprek met jou tiener te lei.

  1. Help jou tiener om privaatheidinstellings met betrekking tot die inligting wat hulle wil beheer te verstaan. As jou tiener (of enigiemand!) sosiale media gaan gebruik, moet hulle weet wat hul privaatheidinstellings is en hoe om dit te verander om by hul besondere behoeftes te pas. Wanneer jy met jou tiener praat, help om hulle deur ’n paar van die basiese vrae wat mense oor privaatheidinstellings het te begelei, soos:

  • Sal hierdie privaatheidinstellings my laat kies watter gehoor kan sien wat ek deel?
  • Watter persoonlike inligting (soos naam, ligging, foonnommer of e-posadres) sal hierdie instellings my help om privaat te hou?
  • Kan ek beheer wie my kontak — insluitend mense wat ek nie ken nie?
  • Is daar instellings wat keer dat die toepassing my fisieke ligging kan naspoor?

    Kom meer te wete oor privaatheidinstellings in al Meta se tegnologieë:

    Instagram
    Facebook
    Messenger
    WhatsApp
    Oculus

2. Vra jou tiener oor hul verwagtinge oor privaatheid aanlyn met betrekking tot jou en jou gesin. Enigiemand met ’n rekening op ’n Meta-tegnologie kan instellings beheer soos: wie hul inhoud sien en wie op hul vriende of volgers se lyste is. Elke gesin sal verskillende reëls, riglyne en perspektiewe hê oor watter inligting hul tieners vir hul ouers of voogde privaat mag hou – en elke tiener se verwagting van privaatheid sal ook met tyd verander. Dit kan ’n uitdaging wees om die regte balans te vind tussen om jou tiener veilig te hou en hul privaatheid te respekteer. Die sleutel om ’n verhouding op grond van vertroue te vestig, is om gedurig gesprekke te hê oor wat privaatheid vir hulle beteken en die grense wat hulle as waardevol ag (soos wat is hulle mee gemaklik om aanlyn te deel en die reëls wat jy saam met hulle vasgestel het).

3. Vra jou tiener oor die privaatheidinstellings wat hulle op hul sosiale media-rekeninge het of beplan om te stel. Een van die eerste dinge wat jy dalk sal wil vra is of hul rekening vir almal beskikbaar gaan wees of net vir ’n gekose groep. Rekeninge op Instagram kan byvoorbeeld publiek of privaat wees. Deur te verstaan dat hulle beheer het oor wie die dinge sien wat hulle aanlyn plaas en interaksie daarmee het, sal hulle bemagtig om hulself te wees op sosiale media – veilig. Instagram bied byvoorbeel verskeie nutsgoed wat jou tiener beheer gee oor hul privaatheid en digitale voetspoor. Wanneer tieners jonger as 16 jaar oud (of in seker lande jonger as 18 jaar oud) by Instagram inteken, word hul rekeninge outomaties by verstek op privaat gestel. As hulle dan kies om hul rekening na publiek oor te skakel, kan hulle steeds volgers verwyder, kies wie op hul plasings opmerkings kan maak en hul aktiwiteitstatus afskakel (sodat mense nie kan sien wanneer hul aktief op die toepassing is nie) deur hul toepassinginstellings te besoek.

4. Vra jou tiener watter inligting hulle privaat wil hou en waarmee hulle gemaklik voel om met ander aanlyn te deel. Verskillende mense het verskillende vlakke waarmee hul gemaklik voel om dinge op die internet te deel. Soos tieners grootword en hul meer te wete kom oor hulself en wat hul as waardevol beskou, kan hul definisie van aanlyn privaatheid sommer baie verander! Dit is belangrik om grondreëls te stel oor watter soort inligting hulle moet en nie moet publiek deel nie (soos hul foonnommer, adres, skedule, ligging en ander sensitiewe inligting) en hoe om meer privaat ervarings te aktiveer. Tieners kan op Instagram ’n Hegte Vriende-lys skep en hul stories net met die mense op daardie lys deel – wat hulle enige tyd kan wysig. Dit gee aan tieners die buigsaamheid om meer persoonlike oomblikke met net ’n klein groepie van hul keuse te deel.

5. Moedig jou tiener aan om hul privaatheid gereeld na te gaan. Aanlyn privaatheidskeuses eindig nie by registrasie nie. Omdat beskikbare privaatheidinstellings dalk oor tyd kan verander, soos ons keuses ook doen, praat met jou tiener oor die belangrikheid daarvan om gereeld hul privaatheidinstellings na te gaan en veranderinge, soos nodig, aan te bring.

Bykomende privaatheidwenke vir tieners

Almal wat op Instagram vir ’n rekening inteken en jonger as 16 jaar oud is (of jonger as 18 jaar oud is in sekere lande) kry by verstek ’n privaatrekening. Ons wil hê jongmense moet maklik nuwe vriende maak en op hoogte bly van hul familie, maar ons wil hulle help om ongewensde direkte boodskappe of opmerkings van vreemdelinge af te hanteer. Daarom dink ons privaatrekeninge is die regte keuse.

Ons herken steeds dat sommige jong skeppers dalk publieke rekeninge sal wil hê om ’n gevolg op te bou, ’n gemeenskap op te bou, of voorspraak te maak oor kwessies wat hulle na aan die hart lê. Ons maak dus daardie opsie beskikbaar nadat hulle met inligting toegerus is oor wat daardie keuses beteken.

Hou aan om, soos wat jy en jou tiener verbind en meer dinge aanlyn deel, gesprekke te hê oor wat privaatheid vir jou beteken en hoe om aan te hou om krities te dink voordat jy plaas.

Soortgelyke onderwerpe

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander