Vyf dinge wat gesinne oor LGBTQ+-tieners se veiligheid en privaatheid aanlyn moet weet

LGBT Tech

LGBT Tech

Het jy geweet dat voor die pandemie, LGBTQ+-jeug in Amerika 45 minute per dag meer aanlyn deurgebring hetas hul heteroseksuele portuurgoep? LGBTQ+-jeug het tegnologie reeds lank benut om deur die internet hul selfbewussyn en seksuele identiteit te verken in wat voel soos ’n meer anonieme en veilige manier. Gedurende die pandemie het tegnologie gehelp om die sosiale leemte weens kwarantyn en isolasie vir LGBTQ+-jeug te vul, wat beteken het dat LGBTQ+-jongmense meer tyd aanlyn deurbring. Omdat ons weet dat LGBTQ+-jeug geneig is om sosiaal te konnekteer op die internet, is hier ’n kontrolelys van dinge wat volwassenes in LGBTQ+-jeug se lewens kan doen om hulle aanlyn ervarings te ondersteun.

1. Begin met sterk veiligheid-, privaatheid- en sekuriteitswenke wat op alle jongmense of gebruikers van toepassing is, maar speifiek belangrik is vir LGBTQ+-tieners:

  • Stel toestelle om internetsekuriteit en virusbeskerming outomaties op te dateer.
  • Skep sterk wagwoorde met ’n sin wat minstens 12 karakters bevat, (bv. Ek is mal daaroor om sundae’s op Sondae te eet).
  • Aktiveer multifaktorgoedkeuring (biometriese data, sekuriteitskodes, ens.) wanneer dit ook al moontlik is.
  • Herinner hulle om nie op skakels in twiets, SMS’s, sosialemedia-boodskappe en aanlyn reklame te klik nie. Tik eerder die URL direk in om uitvissingbedrogspul te vermy.
  • Maak seker om ’n VPN of persoonlike warmkol te gebruik wanneer publieke Wi-FI gebruik word vir ’n veiliger verbinding.
  • Gaan die beskikbare privaatheidskeuses, sekuriteitsinstellings en die nutsgoed wat die toepassing dalk aanbied na wanneer sosialemediawebwerwe gebruik word. By Meta kan jy Meta se gesinsentrum, Meta se privaatheidsentrum of Instagram se veiligheidbladsy besoek.

2. Verskaf ’n veiliger manier vir LGBTQ+-jeug om te klets met ander jeug soos hulle deur ’n gemodereerde klets met ander tieners asook opgeleide professionele steundienspersone.

Toepassings en kletskamers waar die inhoud nie gemodereer is nie plaas LGBTQ+-jeug in gevaar dat ’n inbreuk op hul privaatheid gemaak word, op sosiale media ontmasker word, sowel as ’n toestelsekuriteitsbreek. Sekere aanlyn opsies vir LGBTQ+-jeug om met ander LGBTQ+-jeug te verbind sowel as om na opgeleide professionele steundienspersone te soek, sluit in:

3. Bou hul bekragtiging op deur hul selfbeeld op te bou.

LGBTQ+-jeug se kwesbaarheid kan van hulle ’n aanlyn teiken maak van enigiets vanaf kuberafknouery, middelmisbruik, tot mensehandel. Help om selfbeeld op te bou deur aanlyn hulpbronne soos:

  • Validation Station (gratis SMS-diens wat genderbekragtiging- en bemoedigende-SMS-boodskappe na trans- en niebinêre jeug stuur).
  • PFLAG takke in plaaslike omgewings kan virtuele ondersteuning vir ouers of voogde of LGBTQ+-jeug verskaf.
  • Bekragtiging vir LGBTQ+-jeug deur GLSEN

4. Herken die moontlike gevaar vanaf bronne wat jy dalk andersinds sou vertrou.

Daar kan van LGBTQ+-jeug misbruik gemaak word en hulle kan in situasies geplaas word wat hulle in gevaar stel. Skenk aandag aan toenemende aandag vanaf familie, hegte vriende, liefdesbelangstellings en selfs werkgewers in hul lewe en moenie bang wees om met hulle te praat oor enige verhoudings wat nuut blyk te wees of strydig is met hul karakter.

  • Weet wat is LGBTQ+-jeug se regte ten opsigte wette oor anti-afknouery en teistering wat teen aanlyn afknouery kan beskerm en/of hulpbronne verskaf.

5. Kuberafknouery kan deur sosiale media-toepassings, SMS-boodskappe, kitsboodskapdienste, aanlyn klets (forums, kletskamers, boodskapborde) en e-pos plaasvind.

  • Kyk vir jou deelstaat se wetgewing oor anti-afknouery of -teistering by: https://maps.glsen.org/
  • Vra skooldistrikte om vir jou die skoolraadbeleidstaal aangaande afknouery en teistering te verskaf. Kyk uit vir verwyssings na (kuber)afknouery wat aanlyn en deur sosiale media plaasvind.
  • Demonstreer aan LGBTQ+-jeug hoe om inhoud en individue wat beledigend, skadelik of negatief is deur sosiale media-instellings te rapporteer of te blokkeer.
  • As hulle deur indirekte vorme van teistering deur hul broers en susters of vriende geteiken word, wees voorbereid om dit met die LGBTQ+ se broers en susters te bespreek en/of om die vriende se ouers oor die LGBTQ+-jongmens in kennis te stel.
  • Identifiseer wat kuberafknouery is en hoe om dit te rapporteer deur te gaan nawww.stopbullying.gov

Hulpbronne

  1. Aanlyn gemeenskappe en LGBTQ+-jeug, Menseregte veldtog
  2. Wat LGBTQ+-gemeenskappe moet weet oor aanlyn veiligheid. Bly veiilig aanlyn
  3. Gay-jeug verken hul identiteit, een webblad op ’n slag, Sentrum vir die studie van sosiale beleid
  4. Nasionale opname oor LGBTQ+-jeug se geestesgesondheid 2021, The Trevor Project
  5. LGBTQI+-jeug, StopBullying.gov
  6. Sosiale media bied ondersteuning aan LGBTQ+-jeug wanneer dit by persoonlike gemeenskappe ontbreek, The Conversation
  7. Aanlyn uit, GLSEN
  8. Analysis of 2020 National Human Trafficking Hotline Data, Polaris
Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander