Misleidende inligting op sosiale media: Hoe kan jy jou tiener help?

Sosiale media en misleidende inligting

Daar is baie inligting op die internet, en dit verg tyd en moeite om te weet wat waar en betroubaar is en wat nie. Soos almal van ons het jongmense die vaardighede nodig om misleidende inligting aanlyn raak te sien.

Hoe identifiseer mens misleidende inligting?

Daar is nie net een definisie van die term “misleidende inligting” nie. Maar dit word algemeen gesien as “vals inligting” en word onderskei van “disinformasie” omdat dit nie versprei word om mense doelbewus te bedrieg nie.

Op sosiale media kan misleidende inligting voorkom as ’n sensasiesoekende opskrif of ’n oordrywende plasing wat inligting uit konteks neem om ’n vals indruk te skep. Mense wat strooipos versprei gebruik dit om meer klikke en wins te kry, en teenstanders gebruik dit soms in verkiesings en etniese konflik.

Hoe om misleidende inligting te bestry

Die stryd teen misleidende inligting kan oorweldigend voel, maar daar is baie wat ons kan doen om te keer dat dit versprei.

By Meta bestaan ons strategie om misleidende inligting stop te sit uit drie dele:

  • Verwyder rekeninge en inhoud wat ons gemeenskapstandaarde of advertensiebeleide oortree
  • Verminder die hoeveelheid misleidende inligting en onegte inhoud soos kliklokaas wat versprei word
  • Lig mense in deur hulle meer konteks te gee vir die plasings wat hulle sien

Hierdie benadering is ontwerp om te keer dat misleidende inligting versprei en mense te help om ingelig te bly sonder om openbare gesprekvoering te onderdruk.

Ouers en jongmense kan ook ’n rol speel. Met gebruik van idees wat uitgelig word deur die Maxwell-biblioteek by die staatsuniversiteit van Bridgewateris hier nog ’n paar wenke wat jou en jou tiener kan help om die akkuraatheid van inligting wat op sosiale media geplaas word, te beoordeel.

Wenk nr. 1: Kyk dieper

Opskrifte en uittreksels uit stories kan net beperkte inligting verskaf. Dit is ook behulpsaam om verder as die plasing te kyk of na die oorspronklike materiaal te gaan om die volle konteks van wat ons sien of lees te kry.

Wenk nr. 2: Gebruik die internet

As ’n storie nie reeds deur feitekontroleerders gemerk is nie, sal ’n vinnige soektog dikwels vir jou sê of dit akkuraat is. Goeie nuusbronne sal ook skakels na ander geldige nuuswerwe verskaf.

Wenk nr. 3: Gebruik jou oordeel

Vra jouself: hoe geloofwaardig is die uitgangspunt van wat ek lees? Wat was die skrywer se bedoeling? Is dit ’n nuusberig of ’n meningstuk? Daar is nie net een formule om die waarheid te bepaal nie, maar soms is ’n bietjie meer moeite al wat nodig is.

Wenk nr. 4: Doen navorsing oor aanhalings

Daar dryf heelwat aanhalings op die internet rond wat toegeskryf word aan mense wat dit nooit gesê het nie. Soos met enigiets anders kan jy ver kom met ’n bietjie navorsing voor jy iets deel.

Wenk nr. 5: Wees op die uitkyk vir strooiposadvertensies of ander “kliklokaas”

Sommige mense wat misleidende inligting versprei, doen dit om jou te kry om deur te klik na hulle webwerf toe, want hulle kry krediet omdat hulle aan jou geadverteer het. Laegehalte- en strooiposadvertensies is ’n teken dat iets dalk nie betroubaar is nie.

Wenk nr. 6: Wees op die uitkyk vir sensasiebeluste inhoud

Kyk uit vir swak taalgebruik, oormatige gebruik van uitroeptekens, frases wat alles in hoofletters geskryf staan en teks wat ’n sterk beroep op jou emosies doen. Heelwat misleidende inligting is ontwerp om ’n reaksie te kry, nie om inligting te verskaf nie.

Wenk nr. 7: Bo alles, lees met ’n kritiese oog

Voor jy iets deel, is dit belangrik om die hele storie stadig en met ’n kritiese oog deur te lees, nie net die sensasiebeluste opskrif nie.

Wat maak ’n bron geloofwaardig?

Soos wat ons bespreek in “Help jongmense om beter keurders van aanlyn inhoud te wees”, is een manier om geloofwaardige bronne te identifiseer om hierdie vrae te gebruik: Wie? Wat? Waar? Waarom? Wanneer?

  • Wie het hierdie inhoud geskep?
  • Wat wil die inhoud oordra?
  • Waar is dit geskep?
  • Waarom is dit geskep?
  • Wanneer is dit geskep?

Om meer uit te vind oor hoe om geloofwaardige bronne te identifiseer, lees die volgende wenke:

Wat om te doen wanneer jy misleidende inligting sien

Dit kan moeilik wees om ’n gesprek met iemand te voer wat misleidende inligting plaas, veral as dit ’n vriend of familielid is. Hierdie oomblikke is geleenthede om ’n gesprek te begin en akkurate inligting uit geloofwaardige bronne te deel.

Hier is ’n paar wenke wat jou tiener in gedagte kan hou wanneer hulle interaksies moet hê waar misleidende inligting ter sprake is:


  • Wees sagkens wanneer jy vriende of familie op sosiale media reghelp

Omdat misleidende inligting oor die algemeen gebruik maak van emosies om ander mense te oortuig, kan dit moeilik en hoogs emosioneel wees om met iemand te praat wat hierdie tipe inhoud deel. As jy daardie emosies in gedagte hou en meegevoel het met hoe ander mense dalk voel, plaas dit interaksies in konteks.


  • Moenie ander mense in die openbaar in die verleentheid stel of in die skande steek omdat hulle misleidende inligting gedeel het nie.

Privaat gesprekke kan openbare misverstande verhoed. Hou die gees vriendelik en konstruktief wanneer jy die jongste nuus van geloofwaardige bronne af uitwys.

Kom meer te wete oor hoe Meta die hoeveelheid misleidende inligting wat in ons tegnologieë versprei, verminder.

Soortgelyke onderwerpe

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander