Hantering van ontstellende inhoud aanlyn

ParentZone

Ons sal almal een of ander tyd noodwendig goed aanlyn teëkom wat ons ontstel, verwar of bang maak, so ook ons tieners.

Eerder as om net daarop te fokus om te verhoed dat dit gebeur, kom ons dink oor hoe jy kan reageer wanneer dit wel gebeur. Deur vooraf te dink oor hoe jy oor goed voel – of dit politiek of pornografie is – help om jou voor te berei om jou tiener te ondersteun met wat hulle ook al teëkom.

Daar is maniere om dit te benader: van die aanvanklike reaksie, tot om waarskuwingstekens raak te sien, of hoe om die gevolge te hanteer.

Wat het jou tiener gesien?

Konteks is die sleutel. Konteks kan vir ’n groot verskeie redes ontstellend wees. Dit kan prente of videomateriaal van ekstreme aard wees, of optrede wat persoonlik aanstootlik is.

Dit kan afhang van die verhouding tussen die betrokke mense, hoe dit gesien is, of die motivering daaragter. Het jou tiener daarvoor gaan soek of dit toevallig teëgekom? As iemand dit met hulle gedeel het, was die bedoeling om te ontstel of aanstoot te gee?

Wat vir een persoon ontstellend is, is dalk glad nie vir ’n ander nie – wees dus versigtig om nie jou tiener se gevoel te verontagsaam nie. As jy jou rug op die gesprek draai, kan dit daartoe lei dat hulle antwoorde gaan soek op minder betroubare plekke. Luister en valideer dus hul gevoelens wanneer hulle dit met jou deel. Dit maak nie saak as dit vir jou onbenullig klink nie: as dit hulle ontstel het, is dit ontstellend.

Sien die waarskuwings raak

Jy het dalk ’n kennisgewing gesien dat hulle inhoud gerapporteer het of iemand geblokkeer het – wat beteken hulle het gekies om dit ook aan jou te rapporteer. Maar jy kan nie net aanvaar dat jou tiener na jou toe sal kom as iets hulle ontstel het nie.

Daar kan baie redes wees hoekom hulle dit nie aanvanklik met jou bespreek nie. Hulle kan verward wees deur wat hulle gesien het, of bang wees dat dit hulle (of iemand anders) in die moeilikheid laat beland. Hulle weet dalk hulle het ’n grens oorsteek en is bekommerd dat hulle verban sal word van ’n aanlyn area of om kontak te maak met ’n persoon of groep.

Hulle sal dalk eerstens ’n vriend oor die saak nader – maar daardie persoon het dalk ook nie die antwoorde nie.

Hier is dinge waarvoor jy op die uitkyk moet wees:

  • jou tiener kom teruggetrokke voor,
  • is minder sosiaal,
  • of is meer geheimsinnig oor met wie hulle praat en wat hulle aanlyn doen.

Skep vir hulle tyd en plek om oor die kwessie te praat. Gemaklike oomblikke sonder enige druk, soos wanneer iewers heen op pad in die motor of op ’n staptog, kan hulle aanmoedig om te praat.

Hoe om te reageer

Wat hulle ook al gesien het – en hoe hulle ook al daarop afgekom het – bly kalm. Gee hulle tyd en ruimte om te verduidelik wat gebeur het. Dis nooit maklik nie, maar probeer om te reageer sonder veroordeling en verseker hulle dat jy jou bes sal doen om die situasie saam met hulle te hanteer.

Voordat jy vra om self die inhoud te sien, vra jouself of dit werklik nodig is – vir jou eie onthalwe en ook vir jou tiener s’n.

Om die ervaring te herleef kan vir hulle ontstellend wees en jy kan die invloed daarvan op jou eie gemoed dalk onderskat.

Beweeg positief aan

Besluit hoe om saam aan te beweeg. As hulle iets werklik onaangenaam gesien het, sal hulle tyd nodig hê om dit te verwerk.

Hulle het dalk ruimte of beskerming nodig van ’n spesifieke rekening of kontak.

Herinner hulle dat dit binne hul vermoë is om ander rekeninge te ontvolg, te blokkeer en te rapporteer, en moedig hulle aan om dit te doen. Die betrokke rekening sal nie in kennis gestel word nie. Hulle kan ook die inhoud rapporteer as hulle nie die rekening self wil beïnvloed nie. Lees meer advies oor hoe om jou tiener te ondersteun wanneer aanlyn verhoudings afgebreek word – en vind meer uit oor Instagram se ouertoesignutsgoed.

Luister na hul behoeftes en maak seker hulle weet jy ondersteun hulle, terwyl enige grense wat oorsteek is, weer ingestel kan word.

Hulp en ondersteuning

Meer formele optrede kan nodig wees as die inhoud van ekstreme aard is of as iets krimineel plaasgevind het.

Dit voel dalk angswekkend – maar moet gesien word as ’n positiewe handeling. Moedig jou tiener aan deur vir hulle te sê dat hulle ander daarteen beskerm om dalk in die toekoms aan soortgelyke materiaal blootgestel te word.

Na gelang van die inhoud of konteks kan jy dalk ook ondersteuning nodig hê – en daar is webwerwe en organisasies wat kan help.

  • NAMI het raad en inligting vir tieners om hulle te help om die geestesgesondheidondersteuning te kry wat hulle nodig het.
  • The National Center for Missing and Exploited Children het ’n rapporteringvorm as jy vermoed ’n kind is aanlyn seksueel uitgebuit of jy vermoed hulle is die slagoffer van voorbereiding.
  • The Parent Support Network bied raad en ondersteuning aan ouers wat bekommerd is oor die geestesgesondheid en welstand van hul kind.

Kry nog ondersteuningsdienste in die Parent Zone -webwerf.

Soortgelyke onderwerpe

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander