Ouerskapwenke vir sosiale media

Vandag se tieners word groot in ’n wêreld waar, vir hulle, daar nog altyd ’n internet was. En ten spyte van al die merkwaardige wyses waarop jongmense sosiale media kan gebruik om hul identiteit en belangstellings te verken, hulself uit te druk, en uit te vind wat oral in die wêreld aangaan, kan hulle ook negatiewe ervarings, soos afknouery en teistering, in die gesig staar.

Dit is hoekom dit belangrik is om oop kommunikasielyne met jou tiener te handhaaf. Hetsy hulle nuut is op sosiale media is of nie, dis belangrik om vroegtydig en gereeld met hulle oor hierdie kwessies te praat.

Hetsy jy die gesprek vir die eerste keer begin of voortgaan met gesprekke oor sleutelonderwerpe, hier is ’n paar wenke om

jou te help om met jou tiener oor veiligheid, welstand en geestesgesondheid op sosiale media te praat:

Wenk nr. 1: Neem die tyd om meer te wete te kom oor hoe jou tieners sosiale media gebruik

Miskien is jy besig om gereed te maak vir jou tiener se eerste stap in die aanlyn wêreld of miskien is jou tiener reeds vir ’n geruime tyd aanlyn en het hulle reeds hul gunsteling toepassings, platforms en aanlyn aktiwiteite gekies. Gebruik die tyd om met jou tiener te praat en om meer te wete te kom oor wat hulle geniet om op sosiale media te sien, en wat negatiewe gevoelens soos depressie of angstigheid veroorsaak. Jy kan ’n belangrike rol speel om hulle leiding te gee terwyl hulle die aanlyn wêreld navigeer.

Wenk nr. 2: Vind ’n ouerskapstyl wat vir jou en jou gesin met sosiale media werk

Jy weet beter as enigiemand anders wat vir jou gesin werk. Dit beteken dat jy die beste persoon is om reëls oor toestelle en toepassings op te stel, hulle te help om nuwe belangstellings te ontdek en ’n balans tussen aanlyn en vanlyn aktiwiteite te vind.

Elke gesin is uniek. Jou ouerskapstyl kan beteken dat jy en jou tiener ’n mondelingse ooreenkoms het, ’n geskrewe ooreenkoms wat deur die ouer en die tiener albei onderteken is, of dit kan selfs toesignutsgoed insluit. Voer ’n gesprek met jou tiener en soek saam na die beste manier om hulle te help om op ’n positiewe manier met die aanlyn wêreld interaksie te hê.

Wenk nr. 3: Verken saam privaatheidinstellings

Toestelle en toepassings bied baie verskillende privaatheidsnutsgoed en -instellings. Dit is altyd ’n goeie gewoonte om meer te wete te kom oor hierdie instellings en dit met jou tiener te bespreek. Hoe meer beheer en begrip jy en jou tiener oor hul instellings het, hoe beter sal die algehele ervaring wees.

Help jou tiener om ’n sterk en unieke wagwoord te kies. Bespreek met hulle die voordele en nadele van ’n publieke teenoor ’n privaat profiel. Kom meer te wete oor die stel van tydbeperkings en om ’n algehele balans in hul tyd te vind.

Wenk nr. 4: Bespreek wanneer om inhoud te rapporteer en wanneer om gebruikers te ontvolg of te blokkeer.

As en wanneer jou tiener inhoud of gedrag aanlyn teëkom wat nie daar hoort nie, maak seker dat hulle weet hoe om die nutsgoed tot hul beskikking te gebruik wat kan help dat hul aanlyn ervarings veilig en positief bly.

Tieners kan op Instagram hul ervaring beheer deur rekeninge te blokkeer of te ontvolg. Instagram het ook ingeboude rapporteringskenmerke wat verslae na wêreldwye spanne sal stuur om na te gaan, en wat dan so vinnig as moontlik daaraan werk om inhoud te verwyder wat die toepassing se gemeenskapsriglyne en diensbepalings oortree.

Tieners kan ook Instagram se Beperkkenmerk gebruik wat ontwerp is om mense te bemagtig om hul rekening stilletjies te beskerm terwyl hulle steeds ’n ogie op ’n afknouer hou. Opmerkings op hul plasings deur ’n persoon wat hulle beperk het, sal net vir daardie persoon sigbaar wees sodra beperk geaktiveer is. Jou tiener sal nie kennisgewings sien, dat ’n persoon wat hulle beperk het, ’n opmerking gemaak het nie.

Kom hier meer te wete oor hoe om inhoud op Instagram te rapporteer.

Wenk nr. 5: Stel toesig op Instagram op

Nadat jy met jou tiener oor hul aanlyn gewoontes gepraat het, stel ’n plan saam om hulle te help Instagram te navigeer.

Afhangende van waartoe julle saam instem, werk saam met hulle om ouertoesignutsgoed op Instagram op te stel. Dit sal jou toelaat om hul lys met volgers en wie hulle volg te sien, daaglikse tydlimiete te stel en te sien hoeveel tyd hulle op die toepassing deurbring. Jy kan ook sien wanneer jou tiener deel dat hulle inhoud, soos ’n plasing of ’n ander rekening, op Instagram gerapporteer het.

Wenk nr. 6: Privaatheidskontrolering vir jou Facebook-rekening

Privaatheidskontrolering is Meta se sentrum vir die nagaan van jou en jou gesin se privaatheidvoorkeure op Facebook. Jy kan die nutsding verstel om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen, beperk wie kan sien wat jy plaas, watter toepassings toegang tot inligting het, wie vriendskapversoeke kan stuur en meer. Dit is altyd ’n goeie idee om privaatheidinstellings noukeurig dop te hou, net soos wat dit belangrik is om ’n sterk wagwoord en tweedeelstawing te gebruik.

Dit is ook belangrik om seker te maak dat jou tiener se sosiale rekeninge veilig is, met gebruik van nutsgoed soos Facebook se Sekuriteitskontrole. Dit is buiten om by te hou met goeie sekuriteitspraktyke, soos om nie wagwoorde te hergebruik nie en tweedeelstawing te gebruik.

Wenk nr. 7: Aktiveer ouerkontroles op toestelle en toepassings

Gaan kyk na die ouerkontroles beskikbaar op beide Android- en iOS-toestelle as jy meer hulp nodig het om jou tiener se toestel te bestuur. Jy kan dalk opsies kry om die aflaai van toepassings te blokkeer, inhoud te beperk of tydsbeperkings vir die toestel te stel. Gaan kyk na jou kind se toestelinstellings en maak seker dit is gestel op ’n manier wat vir jou en jou tiener sin maak.

Jy kan ook die instellings van jou tiener se toepassing bekyk om jou ouerbeheeropsies beter te begryp. Instagram het byvoorbeeld toesignutsgoed wat ouers toelaat om hul tiener se lys met volgers en wie hulle volg te bekyk, sowel as om tydslimiete te stel.

Kom hier meer te wete oor Instagram se toesignutsgoed.

Wenk nr. 8: Bou vertroue op met openhartigheid

Die beste manier om jou tiener se aanlyn aktiwiteit te monitor is om dit met respek en helderheid te doen. Sekere jongmense kan dalk meer kwesbaar as ander voel en mag dalk meer waaksame ouerskap nodig hê.

As jy jou tiener monitor, is dit nuttig om met hulle eerlik te wees daaroor. Op dié manier is almal op dieselfde bladsy en niemand voel asof hul vertroue geskend is nie.


Wenk nr. 9: Stel en pas grense toe

As jy grense stel vir jou tiener se gebruik van skermtyd en sosiale media, maak seker om daardie grense saam met hulle te monitor en toe te pas. Deur grense te stel laat tieners toe om na te dink oor wat OK en wat nie OK is nie.

Dit is ’n nuttige oefening om hulle te help om na te dink oor hoe om hul verhoudings aanlyn met hul vriende en hul ouers of voogde ten beste te bestuur.

Wenk nr. 10: Stel ’n goeie voorbeeld

Tieners kyk op na ouers as voorbeelde van hoe om verhoudings in alle aspekte van die lewe te navigeer. Dit sluit ook die manier waarop ons tegnologie gebruik in.

Jou tiener sal na jou kyk om ’n goeie voorbeeld te stel in die gebruik van toestelle en sosiale media, sowel as om die riglyne wat jy vir hulle in plek stel self te volg. As jy tydlimiete stel vir wanneer jou tiener sosiale media kan gebruik of aanlyn kan wees, volg dieselfde reëls. As hulle nie ná 22:00 boodskappe mag stuur nie, oorweeg dit om ’n voorbeeld vir dié optrede te stel en dieselfde te doen.

Soortgelyke onderwerpe

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander