Sosiale media en selfdoodvoorkoming: Hoe om hulp te soek en hulp te verleen


Selfdood is ’n moeilike onderwerp, maar ons moet daaroor praat. Tieners kan, net soos volwassenes, vatbaar wees vir hierdie aaklige verskynsel. Ouers, voogde, onderwysers en ander betroubare mense in ’n tiener se lewe, speel almal ’n sleutelrol wanneer dit daarop neerkom om die tekens van selfdoodverwante gedagtes, gevoelens of gedrag te begryp.

Nuttige taalgebruik vir wanneer jy met tieners oor selfdood praat

Dit is nie maklik om met jou tiener oor hierdie aangeleentheid te praat nie, maar wanneer julle daardie gesprek het (of as hulle dit aanroer), moenie vir dit terugdeins nie.

Wees altyd versigtig om die kwessies op ’n manier te formuleer wat behulpsaam is. Let baie goed op hoe gebruik jy taal en konteks. Die woorde wat jy kies kan die gesprek op diepgaande maniere raak. Hou stories gevul met hoop, herstel en hulpsoek op die voorgrond van jou gesprek. Skep ’n spasie waar hulle gemaklik voel om hul gevoelens te deel. Maak seker hulle weet dat jy vir hulle lief is en dat hulp altyd beskikbaar is.

Onderaan is ’n paar voorbeelde van nuttige taalgebruik uit ’n gids saamgestel deur ons vennoot Orygen - ’n organisasie wat hul aandag op geestesgesondheidsdienste vir jongmense toespits. Hierdie punte is belangrik om in gedagte te hou wanneer oor selfdood gepraat word:

Nuttige taalgebruik

  • Probeer om te sê die persoon is “dood weens selfdood” (pleks van “het selfdood gepleeg” - sien die voorbeelde met onnuttige taalgebruik onderaan).
  • Dui aan dat selfdood ingewikkeld is en dat baie faktore daartoe bydrae dat ’n persoon hul lewe beëindig.
  • Sluit boodskappe van hoop en herstel in.
  • Vertel aan ander mense wat dalk aan selfdood dink waar en hoe hulle hulp kan kry.
  • Sluit inligting in oor faktore wat help om teen selfdood te beskerm, soos om hulle besig te hou met hul gunsteling aktiwiteite en saam met vriende te kuier.
  • Dui aan dat selfdood voorkombaar is, hulp is beskikbaar, behandelings slaag en herstel is moontlik.
  • Moedig jongmense aan om te praat oor wat hulle voel — dit kan dalk met ’n vriend, ’n betroubare volwassene of ’n professionele persoon wees.

Omgekeerd is daar maniere om oor selfdood te praat wat die geprek nie in die regte rigting laat beweeg nie.

Onnuttige taalgebruik

  • Moenie woorde gebruik wat selfdood as misdadig of sondig beskryf nie (sê “dood weens selfdood” eerder as “het selfdood gepleeg”). Dit kan by iemand die indruk laat dat dit wat hulle voel verkeerd of onaanvaarbaar is of iemand bekommerd maak dat hulle geoordeel sal word as hulle vir hulp vra.
  • Moenie sê dat selfdood ’n “oplossing” vir probleme, stressors in die lewe of geestesgesondheidsprobleme is nie.
  • Moenie woorde gebruik wat selfdood verheerlik, romantiseer, of aanloklik laat lyk nie.
  • Moenie woorde gebruik wat dit laat lyk of selfdood niksbeduidend of as minder ingewikkeld is, as wat dit is nie.
  • Moenie een geleentheid blameer of impliseer dat die selfdood die gevolg van een enkele rede, soos afknouery of sosiale mediagebruik, was nie.
  • Moenie veroordelende uitdrukkings gebruik wat mites, stigma, of stereotipes versterk of impliseer dat daar niks aan selfdood gedoen kan word nie.
  • Moenie uitvoerige besonderhede oor die werklike selfdood of selfdoodpoging verskaf nie.
  • Moenie inligting oor selfdoodmetodes of die ligging van die selfdood verskaf nie.
  • Moenie erken as daar ’n aantal kere dade van selfdood by ’n besondere ligging of “warm kol” was nie.

Kyk uit vir selfdoodgedrag in tieners op sosiale media

Een waarskuwingsteken vir selfdoodgedrag is jou tiener wat dinge sê soos “Ek wil verdwyn,” of “Ek wil dit beëindig.” Hulle kan dalk aandui dat hulle moedeloos en hulpeloos voel, of te kenne gee dat hulle net ’n las vir ander is. Hulle het dalk belangstelling verloor in die dinge wat hulle altyd doen, of hulle tree skielik impulsief op.

Soos wat Orygen uitlig, ander tekens dat ’n jong persoon dalk selfdoodneigend is, kan insluit:

  • Dreig om hom- of haarself te beseer of met selfdood
  • Soek na maniere om deur selfdood te sterf (bv. soek tans toegang tot pille, wapens, of ander metodes)
  • Hom- of haarself opsetlik beseer (d.i. deur te krap, te sny of te brand)
  • Praat of skryf oor die dood, te sterwe kom of selfdood
  • Hopeloosheid
  • Woede, kwaadheid, wraak soek
  • Tree roekeloos op of is betrokke in gevaarlike aktiwiteite, skynbaar sonder om te dink
  • Voel vasgevang, asof daar geen uitweg is nie
  • Toenemende alkohol- of dwelmgebruik
  • Onttrek van vriende, familie of die samelewing af
  • Angs, opstoking, verandering in slaap of eetlus
  • Dramatiese gemoedsverandering
  • Geen rede om te leef nie, geen doelgerigtheid in die lewe nie

Ouers, voogde en ander mense wat op die uitkyk is vir hierdie gedrag, kan op die volgende manier ingryp om tieners te ondersteun wat tekens van selfdoodgedrag toon.

Stappe wat ouers kan doen om tieners te ondersteun:

As jy gewonder het waar om te begin nadat jou tiener waarskuwingstekens gewys het of gesê het dat hulle met jou wil praat, kan jy hulle op die volgende maniere ondersteun. Vorm is aan hierdie lys verleen deur die werk wat gedoen is deur Forefront: Innovation in Suicide Prevention.

  • Empatiseer en luister. Gee vir hulle jou volle aandag. Probeer om nie vir hulle oplossings te bied of om hulle te probeer oortuig dat alles beter sal raak nie – wat hulle nou die nodigste het, is om te voel dat iemand luister. Help hulle om te voel dat iemand hulle verstaan en moet hulle nie oordeel nie. Probeer om ope vrae te vra wat hulle sover sal kry om te praat oor hoe hulle voel. Iets soos: “Ek weet jy gaan op die oomblik deur ’n moeilike tyd. Kan ons praat? Ek wil graag hoor hoe jy voel.”
  • Vra meer uit oor selfdood. Deur duidelik en direk te vra: “Dink jy aan selfdood?”, wys jy dat jy omgee en dat jy gehoor het in hoeveel nood hulle verkeer. Jy verhoog nie die kanse dat iemand selfmoord sal pleeg deur hulle direk te vra nie. Moenie skrik as hulle sê: “Ja, ek dink aan selfmoord” nie. Sê vir hulle hoeveel moed dit gevat het vir hulle om dit vir jou te sê, en gaan aan met die gesprek. As jy hulle aanmoedig om te praat oor dit waardeur hulle gaan, kan dit hulle help om minder geïsoleer te voel.
  • Verwyder die gevaar.As hulle sê hulle dink aan selfdood, vra of hulle ’n plan het. As hulle ja antwoord, vra of hulle toegang het tot middele soos dwelms, ’n wapen of tou. Dis belangrik dat jy jou beste doen om hierdie soort items van hulle af weg te hou, of om ander vriende, of die wetstoepassingowerhede, te kry om in te gryp om te help.
  • Help hulle om die volgende versorgingsvlak te bereik: Dis belangrik om met jou vriend of familielid te praat en om hulle in kontak te bring met ’n berader, professionele gesondheidsbeampte of ’n hulplyn.

    Selfdoodvoorkoming
    National Suicide Prevention Lifeline 1-800-273-8255
    Crisis Text Line 741-741

Reageer op gevaarlike aanlyn “uitdagings”

Aanlyn “selfdooduitdagings” of “speletjies” sluit gewoonlik ’n reeks gevaarlike take in wat aan mense oor ’n vasgestelde tyd gegee word wat gewoonlik in felheid toeneem. Inhoud wat hierdie uitdagings bespreek is teen Meta se beleid. Meta verwyder hierdie inhoud en in sekere omstandighede kan ons dalk selfs die rekeninge verwyder wat dit geplaas het.

Hier is ’n paar voorstelle oor wat om volgende te doen as jy jou tiener hierdie soort inhoud sien deel (of as hulle vir jou vertel hulle het klasmaats dit sien versprei):

  • Verstaan die risiko. Moenie die gevaar afmaak nie. Almal het ’n rol om te speel om die verspreiding van hierdie inhoud te stop.
  • Luister aktief. As jongmense enige besorgdhede of kwellings uitspreek oor dinge wat hulle aanlyn gesien het of plasings of opmerkings wat vriende of ander mense gemaak het, is dit belangrik om te luister en ondersteuning te aan bied.
  • Oorweeg die impak. Selfs net om waarskuwings oor aanlyn selfskade en selfdooduitdagings aan te stuur, kan vir sommige mense ’n sneller wees. Dit is vir mense belangrik om ingelig te bly, maar wees asseblief versigtig oor wat jy deel dat dit verband hou met die onderwerp van selfdood, en hoe dit ’n impak op ander mense kan uitoefen.
  • Rapporteer dit. Enigiemand kan onvanpaste aanlyn materiaal rapporteer wat skadelik of onstellend vir sosiale mediakanale is. Die platforms sal inhoud nagaan en inhoud moontlik verwyder wat strydig met hul beleid is.
  • Praat daaroor. As jy tieners het (of met jongmense werk), soek na maniere om met huile te praat oor hul aanlyn aktiwiteit op ’n manier wat hulle sal aanmoedig om dit te deel wat hulle besig is om te doen of waarna hulle kyk. As dit nie werk om hulle direk oor ’n uitdaging te vra nie, probeer om deur meer indirekte maniere uit te vind. Jongmense het nodig om te weet dat hulle hul ouers kan vertrou en nie gestraf sal word as hulle eerlik is nie.

Hulpbronne

Vir bykomende aanlyn hulpbronne oor welstand en aanlyn veiligheid op Meta se tegnologieë, besoek ons selfdoodvoorkomingsentrum of ons Veiligheidsentrum.

Om die mense wat ons tegnologieë gebruik beter te ondersteun, is Meta in vennootskap met hierdie kundige organisasies:

Verenigde State van Amerika

National Suicide Prevention Lifeline 1-800-273-8255
Crisis Text Line 741-741

Soortgelyke onderwerpe

Wil jy 'n ander land of streek kies om inhoud kenmerkend vir jou ligging te sien?
Verander